References

    Alta en Sarel Theron

    MK Bouers is TOPS!

    Marius baie, baie dankie vir ons "nessie". Ons geniet die ruimte en bly so lekker. Jy het met begrip na ons behoeftes geluister en goeie praktiese raad gegee. Ons kry baie komplimente! Alles te danke aan jou en die span van MK Bouers.

    Bokkie van Heerden

  • In 2005 het ek, na deeglike oorweging van 'n aantal kontrakteurs op my kortlys, besluit om Marius Krause as kontrakteur aan te stel om groot aanbouings en verbeterings aan my stradhuis te doen. Die waarde van die kontrak was R 1,2 miljoen. Dit was moeilike bouwerk aangesien die dak van die strandhuis verwyder moes word sodat 'n betonblad gelê kon word om voorsiening vir die eerste vloer te maak.

    Die kwaliteit van die aanbouings en wysigings was van 'n hoë standaard en is binne die geraamde tyd afgehandel.

    Marius het my ook bygestaan met praktiese raad wat gelei het tot 'n wysiging van die oorspronklike planne om die aansien en leefbaarheid van die huis te verbeter.
    Ek en Marius het intussen groot vriende geword. Wat my veral tref van hom is sy bereidwilligheid om my altyd te help as ek enige onderhoud aan die huis nodig het afgesien van die omvang daarvan.

  • Alie Kotze

  • Maruis is deur Justin Deyzel aan ons voorgestel gedurende 2007. Justin het hom aanbeveel en hy het gedurende daardie jaar ons huis voltooi.
    Ons was tevrede met sy werk en hy as persoon is baie geduldig en vriendelik. Ek is 'n baie presiese mens en was maar vol nonsens, maar hy het altyd terug gekom om my tevrede te hou. Dit sê nogal baie. Na die huis voltooi is het hy dit baie netjies vir ons skoongemaak en ons kon net intrek. Sy nasorg diens is ook baie goed. Ons bly 300km vanaf Grootbrakrivier en het alles in sy hande gelaat. Ek kan hom regtig aanbeveel indien iemand 'n goeie bouer soek.

    Groete Allie en Karin Kotze, De Doorns.

  • Dawie Klopper

  • Marius het ons substantiewe aanbouing van ons strandhuis in 2007/8 onderneem. Hy het hom uitstekend van sy taak gekwyt en des te meer so met ons wat nie gereeld kon help toesig hou nie. Hy het goeie voorstelle gemaak en geïmplementeer en was altyd beskikbaar om enige nasorg onmiddellik te kom doen, selfs vyf jaar later. Dit was net `n plesier om met Marius te werk en altyd te voel hy is aan jou kant. Hy het nooit enige moeite vir ons ontsien nie. Ek beveel Marius graag aan.